Jaarliks begin Sannies met ʼn Pretdraf en Waatlemoenfees

Sannies se pretdraf was die jaar letterlik ʼn pretvolle draf. Van kort, vet en maer, groot en klein, hier en daar dalk met ʼn pyn, het geloop of gedraf en was sommer net laf.

Met volop waterpunte en “natsport” stoppe, draai Sannies die verkeer se koppe, want waar in jou lewe het jy nou al gesien hoe draf die maroen masjien.

Na die tyd was ons flou en het heerlik aan waatlemoen gekou …

Dit was een groot fees, want net by Sannies kry jy soveel gees!