Die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad (Rooiskool) spog vanjaar met 7 atlete wat aan die SA Skole Atletiekkampioenskappe in Durban gaan deelneem. Twee atlete Helené Wegemoed en Mia van Oudtshoorn gaan ook aan die SA Jeug en Junior Atletiekkampioenskappe in Kaapstad deelneem.

Foto geneem deur: Tinkie Hattingh

Voor: Lucian Bekker S o/17 Verspring, Wian Viljoen S o/17 100m

Agter: Hanu Visagie S o/15 Hammergooi, Helené Welgemoed D o/19 100m en Verspring, Lou-Ann Swart D o/19 Spiesgooi, Mia van Oudtshoorn D o/19 Gewigstoot en Skyfwerp, Amy van Biljon D o/17 Verspring