Ons skool is geseën met Kroonstadters wat vir ons help om more se damesoggend suksesvol te laat afloop. Baie van die dames wat vir ons die tafels uit hulle eie sak dek en die eetgoed maak, het geen verbintenis met Rooiskool nie, behalwe om lojale Kroonstadters te wees. Dankie aan elke dame wat iets doen of bydra om van Saterdag ‘n sukses te maak. Dankie ook aan die manne wat help om die dames se taak ligter te maak.

Spesiale dank aan Stephan en Veronica van Pick ‘n Pay Panorama Plaza vir die groot borg om Hannes van Kwêla hier te kry. Dankie ook aan dr Niel van Niekerk wat vir ons as seremoniemeester gaan optree en aan Cornelia Wessels wat die kookklas gaan aanbied. Spaski, dankie dat jy ook luister aan ons oggend gaan verleen met jou teenwoordigheid. Aan die “Ma‟s wat Woeker” onder leiding van Carol Jordaan – ek het geweet u is ‘n gedugte span!”

Hannes van Wyk (Kyknet Kwêla-program aanbieder) was die gas by Rooiskool se Vroue oggendtee op Sat 1 Junie 2017. 26 smaakvolle gedekte tafels elk met sy eie gasvrou, het altesaam 312 vrouens by die oggend laat saamkuier in ‘n regte “English High tea-atmosfeer”

Hannes het meer vetrel oor sy boek “Vroue na aan my hart” waar hy baie verwys het na sy ma. Hannes het ook ‘n op ‘die “kwêla-bank” onderhoude met Kroonstad se wyksraadslid Spaski Geldenhuis en Rooiskoolmatriekleerder en SA Atletiekkampioen Mia van Oudtshoorn  gevoer.

Professor Cornelia Wessels van NWU het ‘n Franse Kookles demonstreer en ook vir ‘n gelukkige tafel met dames ‘n Franse kookklas geborg.

Doktor Niel van Niekerk het as seremoniemeester opgetree.