Die eerste krieketspanne van Rooies en Bloues het op 24 en 25 Januarie  op Bloues se krieketveld kragte gemeet.

Rooies wen die loot en kolf eerste.  Die wedstryd word beperk tot 20,3 beurte a.g.v. reën. Rooiskool teken 181 lopies in 20.3 beurte aan met net 3 paaltjies plat.

Blouskool gaan kolf daarna en teken net 56 lopies in 17 boulbeurte aan.

Rooiskool wen ‘n baie eensydige wedstryd met 125 lopies en bewys weereens sy baasskap oor Bloues op die sportveld.

Rooiskool se beste kolwers was Brendan Chappies van der Walt met 110 lopies en Abri van Zyl met 39 lopies (nie uit nie)

Brendan van der Walt en Dian du Bruyn was Rooiskool se beste boulers met onderskeidelik 6 beurte, 4 paaltjies vir 22 lopies en 6 beurte, 3 paaltjies vir 16 lopies.

Foto is geneem deur Tinkie Hattingh

Voor: Regardt van Tonder, Dian du Bruyn (o.kapt.), mnr. Doppies du Plessis, Jeanri Ackerman (kapt.), Richard Abreu da Silva

Agter: Brendan van der Walt, Divan Dreyer, Armand Holtzhausen, Werner Vergottini, Wian Viljoen, Bertus Deetlefs, Abri van Zyl, Ruan Thompson