Tydens Rooiskool se kleuratletiekbyeenkoms het die volgende atlete presteer:

  1. Victrix Ludorem: Mia van Oudtshoorn 2189 punte in 3 items, Mia is ook aangewys as die beste senior veldatleet vir Gewigstoot D o/19 13,00m (foto)
  1. Victor Ludorem: Franna van Niekerk – 1836 punte in 3 items, Franna is ook aangewys as beste junior seuns baanatleet in 400m S o/16 – 55,03 sek. (foto)
  1. Ander presteerders: Groepfoto

Voor: Tineke O’ Neil (beste junior dogters baanatleet D o/16 100m – 12,82s), Helené Welgemoed (beste senior dogters baanatleet D o/19 100m – 12,59s), Michelle Storm (beste junior dogters veldatleet D 0/15 – gewigstoot – 10,2m)

Agter: Hanu Visagie (Beste junior seuns veldatleet – S o/15 gewigstoot 12,80m), Jannie Crous (beste senior seuns veldatleet – S o/17 gewigstoot 15,22m