Die O’19 seunsspan van Rooies het Saterdag 4 Junie 2016 in Bloemfontein deelgeneem teen die O’19 seuns spanne van die ander 4 Distrikte in die Vrystaat Provinsie.
Die seuns het gevolglik drie wedstryde gespeel en as volg gewen:

Wedstryd 1 10.5 – 4.5
Wedstryd 2 12.5 – 2.5
Wedstryd 3 15 – 0
‘n Wedstryd wen-gemiddeld dus van 12.67 – 2.33…uitstekende punte waarop ons baie trots is!!

Hierdie span van Rooies is die Vrystaat Kampioenspan en gaan nou die Vrystaat Provinsie tydens die SA Skolesport Kampioenskap in Durban verteenwoordig vanaf 10-16 Julie 2016.

FOTO BO:

Richard Bessenger (spanbestuurder), Deidre Smit (afrigter), Jan Schoonraad, Petrus van der Linde, Johnathan Meyer, Vasco Bessenger