Robbie le Roux ‘n graad 10 leerder van Rooiskool (AHS Kroonstad) maak Kroonstad trots elke keer wat hy in die water is. Robbie is sopas ingesluit in ‘n oefengroep wat na Italië op 24 Junie vertrek om in Treviso en Pesaro te oefen en aan verskeie gala’s deel te neem.

Hy het die eer behaal tydens die afgelope Jeugkampioenskappe in Durban, waar hy  die volgende prestasies behaal het:  1 x silwer medalje in 100m Borsslag (1:08,58) en twee vierde plekke in die ouderdomsgroep 15-19 jaar.  Robbie het ook vroeër tydens die Vlak 3 Nasionale Swemkampioenskappe in Port Elizabeth 2 x brons medaljes gewen in die 50m en 100m Borsslag en was 4de in die die 200m Individuele Wisselslag.

Robbie is ook ‘n briljante lewensredder, hy is in die SA Akademiespan ingesluit wat vir die 2017 Wêreldkampioenskappe ontwikkel gaan word, nadat hy verlede week (29 april –  2 Mei)  tydens die SA Lewensredding Kampieonskappe te Durban 5 goue, 1 silwer en 1 brons medalje gewen het.