Vier van Hoërskool Reitz se 0/13-seuns het tydens die Desember vakansie, as deel van ‘n uitnodigingspan, ‘n rugbytoer na Dubai onderneem.  Hulle is Tokelo Nteopane, Henco Swanepoel, Jandré van der Merwe en André van der Sandt. Mnr. Herman van der Merwe het  as afrigter opgetree.  Twee ouers, mnre. Francois Swanepoel en André van der Sandt (snr) het ook die toer meegemaak.

Vier wedstryde is gespeel teen Arabian Knights (wen 51 – 0).  Speler van die wedstryd:  André van der Sandt.  Dubai Harricanes (wen 44 – 0).  Speler van die wedstryd: Jandré van der Merwe.  Dubai English Schools (verloor 12 – 17).  Dubai Exciles (gelykop 22 elk).

Een van die hoogtepunte van die toer was die twee-dag besoek aan die Dubai Internasionale Sewe-toernooi.  Hier het die seuns die vreugde ervaar om saam die Blitz-Bokke fees te vier.

Verskeie ander besienswaardighede is ook besoek soos die Burj Khalifa (hoogste gebou in die wêreld), woestyn ervaring waar die seuns met 4 x 4 voertuie die duine aangedurf het.  Ook ‘n heerlike aandete in die woestyn.  Die Wadi-Waters waterpark is ook besoek.

Vir hierdie seuns was dit ‘n onvergeetlike ervaring wat die seuns én die ouers altyd sal bybly.

REITZ SEUNS BESOEK DUBAI MET RUGBY
REITZ SEUNS BESOEK DUBAI MET RUGBY
REITZ SEUNS BESOEK DUBAI MET RUGBY