Johan Voster van Primêre Skool Jordania in Bethlehem het die afgelope Junie / Julie vakansie as deel van die skool se o/11 Krieketterspan in Standerton aan die Goldi Kriekettoernooi deelgeneem.  Dié toernooi word jaarliks deur Standerton Laerskool aangebied en verskeie skole van reg oor die land neem deel.  Johan is aangewys as die beste o/11 kolwer en ook beste o/11 speler van die toernooi.  Hy teken in 3 wedstryde twee honderdtalle aan en was ook nie uitgekery in enige van die wedstryde nie.  Teen Standerton Laerskool teken hy 123 nie uit nie aan en teen Laerskool Fochville kry hy weer 102 nie uit nie.