Op 15 en 16 September 2017 was dit weer `n vreugde om betrokke te wees by Karate in die Vrystaat, maar ook by JF se karatekas.  JF se naam is hoog gehou by die jaarlikse Vrystaat Karate Kampioenskap te Bloemfontein.

Die jaar is die kompetiesie bietjie verander en karatekas is onder hulle skool se naam ingeskryf en die kompetisie is verdeel in drie kategorieë waarvolgens karatekas ingeskryf kon word.  Kategorie 1: “Novice” (beginners), Kategorie 2: “Development” (meer gevorder) en Kategorie 3: “Elite” (beste van die beste).

Daar is ook terselfde tyd proewe gehou vir die Karate SA Ontwikkelings Kampioenskap wat Oktober in Durban plaasvind.

Baie geluk aan die volgende leerders van die Primêre Skool Jim Fouché in Bloemfontein wat aan die bogenoemde  kampioenskap deelgeneem en baie goed presteer het.

Bloemfontein Martial Arts Academy is baie trots op die JF studente.

Amohelamlg Mahase – Kumite: Brons.

Bernice Theron – Kumite: Brons.

Genevieve Theron – Kata: Goud, Kumite: Silwer.

Jaco Bester – Kumite: Goud.

Janey van den Berg – Kumite: Silwer.

Jan-Hendrik van den Berg – Kumite: Silwer.