Die sterkste persoon in die swembad is nie altyd die een wat wen nie, maar wel die een wat nie opgee wanneer hy verloor nie.  By die Primêre Skool Jim Fouché is daar twee boeties wat nie bang is vir dié uitdaging nie.  Derick Kotzé, ‘n Graad 3-leerling aan die skool, het by die pas afgelope Super Sport League Gala’n 5de plek vir vlinderslag, 4 de plekke vir beide borsslag sowel as vryslag en ‘n 2de plek in die rugslag behaal.  Hy het ook by die Kroon Primêr Interskole Gala 3de plekke in vryslag en borsslag behaal en 1ste gekom in die rugslagitem.  Sy Graad 1-boetie staan egter nie terug nie en het ‘n 4e plek in vryslag sowel as ‘n 2de plek in die rugslag by die Super Sport League Gala behaal.  Ons is baie trots op julle!