Conrad van der Zwaard (Seuns 0/10) het by die SA Kampioenskappe te Potchefstoom met ‘n poging van 11,35m ‘n silwer medalje verower en die Goud met slegs 2 sentimeter gemis.  Dit was ‘n puik poging waarmee hy sy persoonlike beste met byna 3 meter verbeter het.  Hy lê ook 23ste op die top 50 SA’s tablel.  Baie geluk ook aan Duard Bester met sy 5de plek in verspring en Justin Haupt se 4de plek in hoogspring.  Die Primêre Skool Jim Fouché is voorwaar trots op julle.