Die Pretorius-gesin van Hoërskool Reitz het gedurende die vakansie in Welkom deelgeneem aan Beyond 2000 – Uitvoerende kunste en gekwalifiseer om as deel van die Vrystaatspan deel te neem aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe vir Uitvoerende Kunste vanaf 1 tot 10 April, in Rustenburg.  Hulle is van links: Corné Pretorius (Instrumentaal:  Klavier-solo), Luné Pretorius (Dans Solo) en Armand Pretorius (Dans Solo)

Armand en Luné het ook in die Dans Duet deurgedring.