Die naweek van die 10de tot 12de Augustus het leerders van regoor Bloemfontein deelgeneem aan die jaarlikse Eskom Wetenskap EXPO vir jong Wetenskaplikes. Dit is die plek waar Primêr en Sekondêre skool leerders die geleendheid gebied word om hulle idees en uitvindsels aan mense bekend te stel.

Daar was ongeveer 300 projekte wat hierdie jaar uitgestal was.

PBS het hierdie jaar ‘n totaal van 24 projekte ingeskryf. Ons leerders het vir die afgelope 5 maande hard aan hulle projekte gewerk en hul werk was van hoogstaande gehalte. Vrydag, 11 Augustus het hulle baie belangstelling van besoekende skole ontvang en kon hul hulle idees aan die publiek verduidelik. Daarna het hulle die beoordeelaars ontvang en kon hulle daar ook meer uitbrei oor hulle projekte.

Saterdag tydens die prysuitdeling het PBS die volgende uitslae gekry. Van die 24 projekte het 18 medaljes ontvang. 1 Goud, 8 Silwer en 9 Brons medaljes is totaal ontvang. Die medalje wenners is:

Goud

MJ Herbst – Gr 5

Silwer

Sutine Venter  – Gr 7

Damin Heydenrych – Gr 5

Weydan Marais – Gr 5

Imche Venter – Gr 7

Nelius Grobbelaar – Gr 6

Jeanre Coetzee – Gr 7

Melize Venter – Gr 6

Lariska Roberts – Gr 5

Brons

Zandria Bastone – Gr 5

Emma Swannepoel – Gr 6

Jurie Human – Gr 7

Margitte van Zyl – Gr 6

Liebe Boje – Gr 7

Ine van Tonder – Gr 5

Henko Venter – Gr 5

Juhan van Lill – Gr 5

Mienke Venter – Gr 6

PBS wen ook dan die Bubb Wisseltrofee vir die beste Primêre Skool tydens die Bloemfontein Streek EXPO vir 2017.

Ons is baie trots op die leerders wat deelgeneem het asook die deursettingsvermoë en harde werk wat gedoen is om hierdie fonominale take ten toon te stel.

Foto:

Voor: Henko Venter, Emma Swannelpoel, Weydan Marais, Cilethe Julies, MJ Herbst

1ste ry: Juhan van Lill, Lariska Roberts, Nelius Grobbelaar, Ine van Tonder, Altus du Plessis, Kaylee Botha, Damin Heydenrych

2de ry: Heinrich Hattingh, Olga Kotze, Zandria Bastone, Ane du Plessis, Margitte van Zyl, Malize Venter, Sutine Venter, Mienke Venter

Agter: Lannice du Plessis, Jurie Human, Jeanre Coetzee, Liebe Boje, Imche Venter