Op Saterdag, 25 Februarie het PBS se atlete weereens baie goed presteer. Baie geluk aan elke atleet wat hul beste gegee het in die onderskeie items.
Ons het hierdie jaar 17 atlete wat deurgedring het na die Vrystaatse Atletiekkampioenskappe te Sasolburg. Hierdie is voorwaar ‘n ongelooflike prestasie in ag genome dat ons een van die kleinste skole in Bloemfontein is.

Foto:

Voor (vlnr):  Ruben Jacobs, Zandria Bastone, Henko Venter, Iné van Tonder, Devan Martens, Heinrich Hattingh, Aiden du Plessis, Mené Ness, Heinrich Markgraaff, Altus du Plessis, Katelin van Eeden

Agter (vlnr):  Judé Wiid, Ladene Liebenberg, Amy Jacobs, Jeanré Coetzee, Cilethé Julies, Arné Möller