Pieter Strydom, oud-leerling van die Hoërskool Kroonstad, is in Januarie aangestel as Waarnemende Regter in die Arbeidshof van Suid Afrika.

Hy het studeer aan die Universiteit van Pretoria waar hy sy LLM Graad voltooi het. Hy verwerf ook ’n Gevorderde Diploma in Arbeidsreg aan die Universiteit van Johannesburg. Tans is hy ook bedrywig as prokureur in veral arbeidsake in sy eie praktyk, Strydom Attorneys.