Tien Skaakspelers van President Brand het tydens die naweek van 12 tot 13 Mei 2017 die skool en die Vrystaat tydens die Interprovinsiale Skaaktoernooi in Rustenburg verteenwoordig.  Hulle het hul baie goed van hul taak gekwyt.

Ewald Boje, Luan Bouwer, Ruan Kriel, Malan van Rensburg, Jeanré Coetzee, Jason Melville, Garren Grace, Jeandré Gertenbach, Christiaan Odendaal en Carissa Boje

 

Jeanre Coetzee (0/14) neem deel aan die Interprovinsiale Skaaktoernooi in Rustenburg tussen 5 Skaakunies, hy verwerf ‘n Brons medalje en meriete-sertifikaat.