Op Woensdag 10 Augustus het heelwat dogtertjies se monde behoorlik oopgehang toe die pragtige me. Mienke van Rooyen, Mej. Vrystaat 2016 met haar “kroon en titelband” in die saal gestap kom.  Sy het elke dogter geïnspireer, om vrouwees te koester en deur haar bekoorlike sjarme wou elkeen teenwoordig, niks anders wees nie. Moet nie ophou droom nie, want drome word waar en harde werk word beloon.

Soos Miancke Jansen van Rensburg, President Brand se hoofdogter dit so raak opgesom het met haar bedankings: “Mej Vrystaat – Mienke vandag weet ons verseker dat jy van jou pragtige kroontjie tot jou toonjie in President Brand se gange lê”