Fichie-leerders het ‘n reuse verrassing gedurende die Paastyd ontvang.  Die leerders het nie net van Jesus se kruisiging en opstanding geleer nie. Die Fichie-leerders het ook ‘n kuiertjie en gratis paaseier van die Paashaas gekry.  Baie dankie vir die Graad 1-Ouerkomitee wat die fantasie by die leerders lewendig hou.  Die skool het nog behoorlik  gegons oor die Paashaas se besoek.