Die C en N Sekondêre Meisieskool Oranje het vroeg in die swemseisoen hulle eerste titel by die Menlopark Uitnodiging Swemgala ingepalm.

Oranje het ’n totaal van 5 goue medaljes, 4 silwer medaljes, 4 brons medaljes verower in die individuele items en ’n verdere 3 goud, 4 silwer en 1 brons medalje verower in die aflosse.

Oranje se swemmers het uit die 26 items waarin hulle deelgeneem het 19 keer op die podium gaan kuier en so saam met die Menlopark Hoërskool gesamentlik eerste geëindig.

Carike Moolman het in die dogters O/16 afdeling die 2de meeste punte as swemmer ingepalm.