Fichies het ʼn  nuwe skoolhoof!  Mnr. Marius Kriel is pas aangestel as die nuwe skoolhoof en die hele skoolgemeenskap wens hom hartlik geluk met die aanstelling. Mnr. Kriel was voorheen skoolhoof in Kroonstad en is ʼn bekende in atletiekkringe. Fichies is baie opgewonde oor ons nuwe hoof en ons wens hom alle sukses in die nuwe pos toe.

Op die foto bo:

Links:  Dr. Jaco Deacon Beheerliggaamvoorsitter

Regs:  Mnr. Marius Kriel nuwe skoolhoof