Nadine Ferreira, ‘n graad 11-leerder van Hoërskool Hennenman het aan die Free State Dance Awards in die ouderdomsgroep 17 – 19 jaar deelgeneem. Sy behaal 89% in Klopdanse (Tap), ontvang ‘n goue sertifikaat en word algeheel derde geplaas. Sy behaal 95% in Hip-Hop, ontvang ‘n goue sertifikaat en word algeheel tweede geplaas.

Sy het ook haar AIDTA Tap Silver Higher-eksamen afgelê en 90%+ behaal om sodoende haar eksamen met lof en onderskeiding te slaag.