Nadine Ferreira, graad 12-leerder van Hoërskool Hennenman het uitstekend presteer in die Lewenswetenskappe-olimpiade en is deur SAASTA (South African Agency for Science and Technology Advancement) uitgenooi na die Youth Science Focus-week wat vanaf 2 tot 7 Julie in Pretoria plaasvind.

Nadine  het onder die top 50 in die Vrystaat in die Fisiese Wetenskappe-olimpiade geëindig en is uitgenooi na die Skeinat Konvensie wat van 20 – 22 Augustus in Potchefstroom plaasgevind het.