JF DRUMMIE KLUB – ONS GLO, ONS DOEN, WANT ONS WEET WAT OM TE DOEN

‘n Eerste vir JF Drummie Klub Junior!  JF Drummie Klub maak geskiedenis, met die insluiting van drie van ons Junior Span atlete in die SAMCA Nasionale Span wat tydens September 2016 in Kroasië gaan deelneem aan die Trompoppie Wêreldkampioenskappe.

Dit is met trots dat ons die volgende JFDK lede, leerders by Primêre skool Jim Fouche, gelukwens met hulle prestasie.

Die drie atlete, Demi Nel, Neline Bakkes en Jean-Marie Theron (FOTO BO) was deel van’n groep van 5 dogters van JF Drummie Klub se Junior Span wat op 23 Januarie 2016, in Gauteng gaan deelneem het aan SAMCA Nasionale Span proewe.  Hulle het gekwalifiseer om die proewe by te woon deurdat hulle suksesvol was tydens die SAMCA proewe, gehou gedurende Desember vakansie, en hulle SAMCA kleure verwerf het.

Hierdie drie atlete, is ook op die Leerderraad by Primêre Skool Jim Fouche. Neline en Jean-Marie is Sub-leidsters in die JFDK Junior Span, met Jean-Marie as onder-Hoofleidster. Demi is onderhoofdogter by Jim Fouché en Hoof-Leidster van die Junior Span.