Friedl Janse van Rensburg van JF  het die afgelope vakansie die Vrystaat verteenwoordig as Mzanzi Teen Miss Free State waar sy in die ouderdomskategorie 16 – 19 jr deelgeneem het om die nasionale titel. Sy is in die Paarl tydens ‘n gala-geleentheid gekroon as Miss Teen Mzanzi Africa Role Model 2016.