Megan Meyer, ‘n graad 10-leerder van Hoërskool Hennenman en haar perd, Little Brother het aan die SANESA Vrystaatkampioenskappe deelgeneem. Sy het tydens die tweede been van die kompetisie twee eerste plekke in die Showjumping 1m, ‘n tweede plek in die Working Hunter 90cm en derde plek in Equitation 1m behaal.

Tydens die derde been behaal sy weer twee eerste plekke in die Showjumping 1m, ‘n eerste plek in die Working Hunter 90cm en ‘n vierdie plek in Equitation 1m.

Sy het reeds in al drie hierdie afdelings vir die Vrystaatspan wat in Oktober aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe gaan deelneem, gekwalifiseer. Megan word afgerig deur Jo-Anne McGowan van Goldfields Riding Club.