Op Saterdag, 13 Augustus 2016, het 14 landloopatlete aan die Vrystaat Kampioenskap gaan deelneem.  Die landlopers het baie goed gevaar en 4 atlete is ingesluit in die Vrystaatspan.

Hulle gaan op 10 September 2016 in George aan die S.A.-Kampioenskap deelneem.  Baie geluk aan Rikus Ras (So/10), MJ Hattingh (So/8), Wian Muller (So/10) en Christiaan van Rooyen (So/8).

Op die foto bo:

Van links na regs: Rikus, MJ, Wian en Christiaan.