Leané en Steven van Hoërskool Voortrekker, wen groot by die International Science Fair

Hoërskool Voortrekker in Bethlehem se jong wetenskaplikes: Leané Lessing en Steven Sacht-Luwes  het gedurende die September vakansie die skool verteenwoordig in Boksburg  vir die International Science Fair. Leané en Steven het elkeen ‘n Universiteit van Stellenbosch- beurs gewen tydens die ISF se ‘Special Awards Ceromony’!

Leané verower ‘n silwer en Steven ‘n goud tydens hierdie geleentheid.
Trekkertrots.