Hoërskool Sentraal in Bloemfontein is baie trots op Lalla du Plessis, ‘n graad 8 leerder van die skool wat haar Springbok kleure in dans verwerf het. Sy was ingesluit in die SA span wat SA gaan verteenwoordig het in Amerika tydens die Wacopa wêreld kampioenskappe in Julie 2017. Tydens die kampioenskappe het sy ‘n industrie goue medalje verwerf en ‘n algehele 2 de plek, silwer medalje.

Lalla is ook genooi om die 2 de September 2017 in die “showcase of champions” op te tree voor minister Nathi Mthetwa en ander regering verteenwoordigers van uitvoerende kunste na aanleiding van haar prestasie in Amerika.