Jalize Uys-Pieters, leerling verbonde aan Laerskool Truida Kestell in Bethlehem en klavier student van Me Jenny Reed ontvang ‘n toekenning van Unisa vir die laerskool leerder met die hoogste punt (96%) op die Bloemfonteinse kunswedstryd. Jalize lewer ook ‘n pragtige uitvoering in die Odeion in Bloemfontein na afloop van die oorhandiging van hierdie toekenning. Jalize is een van vele leerders van Laerakool Truida Kestell wat onder leiding van Me Reed gesogde toekennings ontvang het. Die skool is trots op sy klavier studente en afrigters.