Nuusberig, 1 Junie 2015

LAERSKOOL ALIWAL-NOORD SPORT:

VRYSTAAT PLATTELAND RUGBY:

Op 28 & 29 Mei 2015, het 7 van Laerskool Aliwal-Noord se rugbyspelers aan die Cheetah-toernooi, of beter bekend as die mini-Cravenweek te Grey Kollege, Bloemfontein deelgeneem.  Willie Pretorius, Gershowne Smith, Willian Pretorius, Zukhanye Phindani, Divan Kruger, JD Grobler en FC Schlebusch was almal deel van die span en hulle het baie goed gevaar.

Die uitslae is as volg:

VS Platteland vs Griffon C wen 17-12

VS Platteland vs OP B speel gelykop 12-12

VS Platteland vs Griekwas B wen 20-19

VS Platteland vs Vrystaat B verloor 5-12.

Baie geluk aan Pitso Molefe wat opgeroep is om deel te vorm van die Vrystaat Platteland span.

Die span se volgende toernooi vind vanaf 25-27 Junie, te Frankfort plaas.

VRYSTAAT 0/12 RUGBY:

Tydens die Cheetah-toernooi het 2 van Laerskool Aliwal-Noord se 0/12 spelers deelgevorm van die Vrystaat 0/12-span.  Kristof du Randt en Hansie Odendaal lewer goeie spel gedurende hulle wedstryde.

Die uitslae is as volg:

VS 0/12 vs Sharks 0/12 wen 24-0

VS 0/12 vs Griekwas 0/12 wen 29-0

VS 0/12 vs OP 0/12 speel gelyk op 12 elk

VS 0/12 vs Griffons D wen 24-7

 

0/8 NETBAL:

Hierdie 0/8 netbalspannetjie mag dalk die beginnertjies van die skool wees, maar hul speel sowaar kookwater netbal.  Alhoewel dit maar hul tweede wedstryd was, was daar reeds merkbare vordering sedert die begin van die seisoen, sigbaar!  Hulle klop Cradock oortuigend 8-0!  Mooi so, meisies!

Laerskool Aliwal-Noord:  EKSAMENTYD

Die eksamen klop aan die deur.  Die leerlinge is hard besig om in die klasse, hersiening te doen.  Mnr. Engelbrecht het ook opdrag gegee dat leerlinge nou skouer aan die wiel moet sit. Geen leerling mag in die dorp of strate gesien word voor 4 uur in die middag nie.  Daar word op ouers ‘n beroep gedoen om toe te sien dat hierdie reëling, te alle tye, gerespekteer word.

Vir sekere leerlinge is dit ‘n eerste formele eksamen.  Hier is ‘n paar nuttige wenke om die eksamen vir u kind, aangenamer te maak.

  1. Skep ‘n rustige atmosfeer in die huis.
  2. Stel studietye vas.
  3. Spesifieke plek om te studeer.
  4. Genoegsame nagrus
  5. Eet goeie ontbyt.
  6. Motiveer positief.

 

Proverbs 1:7 “Stupid people have no respect for wisdom and refuse to learn.”

To all the pupils of Aliwal North Primary School, Good luck with the exams! Remember: BOLDLY ONWARDS