Mason Zacharia, graad 10 leerder en krieketspelers van Hoërskool Upington is deur die O/19 Suid-Afrikaanse Krieketafrigter geidentifseer om die “Talent Acceleration Camp” by die Universiteit van  Fort Hare by te woon vanaf 19 – 22 Mei 2016, die kamp word deur Krieket Suid-Afrika aangebied.

Hy is een van slegs 22 spelers in die land wat hierdie prestasie bereik het. Die gekose spelers gaan die week ‘n intensiewe oefenprogram volg en deur die afrigters met arendsoë dopgehou word. Ons as Hoërskool Upington is baie trots op hom en wens hom alle sterkte toe.