Toyota tof 2015-Yaris op

Dit is iets belangrik om reg te kry aangesien dit die eerste toegangspunt is wat ’n mens in ’n motor gebruik… Dit is ook die kritieke raakvlak tussen bestuurder en motor, en dit is hoekom aanhangers van die nuwe Toyota Yaris in hul noppies sal wees om te hoor dat al die modelle in die opgegradeerde reeks nou leerbedekking vir die stuurwiel en die ratkierieknop as deel van hul standard-toerusting het.

Daarbenewens is voorkant-misligte met chroomomhulsels ook deel van die Yaris se standaard-toerusting, hetsy jou aptyt vir die sappige 1,0ℓ-enjin was en of jy effens duurder smaak het, in welke geval die Yaris-Hibried veral goed sal afgaan.

Die Yaris het teen die einde van verlede jaar halfpad deur sy leeftyd een van die mees omvangryke opkikkerings wat Toyota nog onderneem het, ontvang. Die gevolg, wat toevallig die nuweling die titel as Beste Herontwerpte Motor van die Jaar in die 2015-CAR-tydskrif se 12 Beste Kopies-toekennings ontvang het, is op visuele gebied behoorlik verfris (binne en buite) terwyl die gebruik van deftige binneruim-materiale en ’n magdom ander verbeterings onder die dop die Yaris aansienlik aantrekliker gemaak het.

Die hele reeks pronk met omvattende toerusting, wat dagligryligte (ligdiode-weergawes vir die Hibried-model), elektries beheerde vensters reg rondom en die jongste Toyota Touch-multimedia-stelsel (met handvrye Bluetooth-werking) as deel van die standaard-toerusting insluit.

Dit is natuurlik bo en behalwe lekkernye soos 15”-allooi-sierwiele, afstand beheerde sentrale sluiting, stuurwielkontroles, dubbele voor- en kantlugsakke sowel as sluitwerende remme (ABS) met elektroniese remkragverdeling (EBD) en noodremhulp, en nou natuurlik ook voorkant-misligte en leerbedekking vir die ratkierieknop en stuurwiel.

Die Hibried-model is selfs nog weelderiger en het die volgende bykomende toerusting buiten dié van sy petrol-aangedrewe stalmaats:

  • Gekombineerde doekstof-en-leerbekleedsel
  • Trurat-kamera met parkeer-gidslyne
  • 7 lugsakke, waaronder ’n knie-lugsak vir die bestuurder
  • Klou- en stabiliteitsbeheer
  • Sleutellose aansitter
  • Ligdiode-dagligryligte
  • Eksklusiewe hibried-kentekens

Pryse, diensplan en waarborg

  • 1.0                               :                       R170 000
  • 1.3                               :                       R196 500
  • 1.3 Multidrive S           :                       R207 600
  • Hibried                         :                       R277 000

Die petrolmodelle het ’n diensplan vir drie jaar / 45 000 km wat by die prys ingesluit is. Die Hibried-weergawe het ’n standaard-diensplan van vier jaar of 60 000 km. Let asseblief daarop dat die Hibried-weergawe ’n bykomende waarborg van agt jaar of 195 000 km vir die battery benewens al die modelle se gewone Toyota-waarborg van 3 jaar / 100 000 km het.