Primêre Skool Jordania in Bethlehem se kore het aan die Sing in Harmonie koorkompetisie deelgeneem wat deur die sanger en liedjieskrywer, Anthonie Bougas in samewerking met Kyknet aangebied word.  Die episode waarin die kore deelneem gaan op Kyknet Kanaal 146 op Sondag, 19 Julie om 16:00 uitgesaai word.  Baie geluk aan die Senior Koor wat reeds na die finaal op 23 Augustus te Silverstar Casino, Gauteng deurgedring het.

Van links na regs: Corné Kotze (koorleier), Anthonie Bougas (aanbieder), Tanya van Niekerk (koorleier) en André Smith (skoolhoof)