Jordania se eerste hokkie presteer

Primêre Skool Jordania in Bethlehem se Eerste Dogters-hokkiespan het besonders presteer die afgelope seisoen.

Hulle het die Thabo Mafutsanyana (Oos-Vrystaat) liga gewen, hulle het die Noord-Vrystaat liga gewen, hulle wen die Super 8 Toernooi in Vanderbijl.

Die afgelope vakansie het Jorries se 1ste dogters hokkiespan silwer gewen.
Hulle eindig 2de by die Kampioene toernooi te Potchefstroom teen al die provinsiale wenners van die sentrale en noordelike provinsies, insluitende Noordwes, Mpumalanga, Limpopo, Gauteng en die Vrystaat.

Foto:

Voor: Ané Beneke, Evané du Toit

Middel: Lourette Cillies, Jana Muller, Petra Steynberg, Ivé van der Westhuizen, Bernize Cillies

Agter: Heili Pretorius, Qurida Ackeer, Chandré Miles, Casper Knoester (Hulp-Afrigter), Ella Steynberg, Allissa Roux, Margarette du Toit

Me Erika Knobel (Hoof-Afrigter) en René Vorster is ook afrigters, maar kon nie daar wees nie.