Jordania Hokkie

Na die naweek se proefwedstryde is Solé Meades en Anseri van der Westhuizen in die Noord-Vrystaat dogters hokkiespan ingesluit.  Hulle gaan gedurende die wintervakansie aan die nasionale hokkietoenooi deelneem.  Ismarie Bouwer is as nie-reisende reserwe speler gekies.  Baie geluk en sterkte vorentoe.