Johannes van Graan `n leerder aan Hoërskool Witteberg is een van 14 leerders uit 4600 deelnemers gekies vir die Computer Applications Olimpiade wat 4 Julie in Kaapstad aan die finale rondte gaan deelneem. Hy gaan daar ‘n 5ure vraestel skryf en dan word die wenner 5 Julie bekend gemaak. Prysgeld vir die wenner is R3000 en die skool kry ook R3000. Hy is ook die enigste Vrystater wat deur is na die finale rondte