Die eerste rugbyspanne van die Hoërskool Jim Fouché beleef ‘n puik jaar, van so ‘n aard dat hulle opwaartse kurwe gelei het daartoe dat hulle almal Saterdag in die eindrondtes van die Bloemfonteinse skoleliga gaan meeding.

Interresant is dat die Hoërskool Sentraal Saterdag in al die genoemde wedstryde teen Jim Fouché speel, en dit gaan in ‘n behoorlike mini-rugbyoorlog te ontaard.

In die halfeindrondte-wedstryde het Jim Fouché se onder 14’s vir Fichardpark 49–10 geklop terwyl die onder 15’s hulle eweknie van die Hoërskool Louis Botha gereeld agter die pale gaan laat rus het met ‘n oorwinning van 45–7.

Fichardtpark se onder 16’s het ook nie ‘n teenvoeter gehad vir Jim Fouché se onder 16’s nie en laasgenoemde het hier oorwinning gesmaak met ‘n 21–10. Een ding was egter opvallend – die manne van Fichardtpark het dalk nie rustig gaan slaap oor dié verloorwedstryd (onder 16’s) nie, maar hulle verdien ‘n pluimpie vir hulle veggees tot by die aanhoor van die eindfluitjie.

Selfs Fichardpark se tweede span het  hard probeer, maar Jim Fouché was hier ook baas. (31–18).

Die eerstespan van Jim Fouché was egter onstuitbaar en het Fichardtpark met 49–12 verslaan.

FOTO BO: Die kaptein en agsteman van die Hoërskool Jim Fouché se eerstespan, Hanno Spies, het vanjaar met voorbeeld gelei en sy span kom Saterdag in die eindstryd te staan teen die Hoërskool Sentraal se eerstespan.