Tharina van der Walt is tydens die SA-Hoërskole Atletiekkampioenskappe in Durban aangewys as die beste meisiesveldatleet. Sy was eerste in Hamergooi (61,18m) en Diskusgooi (50,85m , Nuwe SA-rekord). Sy was tweede in Gewigstoot (14,81m).