Hoërskool Jim Fouché het op Vrydagaand, 21 Augustus 2015 , sy jaarlikse Sport- en Kultuurdinee aangebied. Tydens hierdie geleentheid word al JF se kultuur- en sportleerders vereer. Hierdie jaar se gasspreker was Marisa Drummond ( neé Bosman ) wat bekendheid verwerf het as Kimberley in Isidingo, Saskia in Villa Rosa en prof. Alexa in Binnelanders. In 2014 word sy as beste vroulike booswig in sepies, by die Suid Afrikaanse sepietoekennings, aangewys. Tans is sy besig om Suid Afrika bewus te maak van postnatale depressie by vrouens en dit word duidelik in die kortfilm, “Stom” uitgebeeld. Marisa is ‘n trotse oudleerder van JF wat in 1998 daar gematrikuleer het.

Die toppresteerders van links na regs is :

Luke Nel ( Junior kultuurpersoon 2015 )

Iselle van den Heever ( Senior kultuurpersoon 2015 )

Marisa Drummond ( Gasspreker)

Carien Sander ( Senior sportpersoon 2015 )

Chandré Erasmus ( Junior sportpersoon 2015 )