Die volgende leerders van JF is in die Vrystaat Pluimbalspan opgeneem:

V.l.n.r:  Daniёl Coetzee  ;  Stefan Coetzee  ; Zoe Bezuidenhout  en  Tristan van Wyk .

Met die “All Africa Spele” wat onlangs in Egipte gehou is, het Daniёl Coetzee ‘n derde plek in die mansdubbels behaal.

Stefan Coetzee ontvang ‘n silwermedalje by die o/15 kampioenskappe wat gehou is.  Hy word in die finaal geklop deur Namibiё se nr. 1.