ATLETIEK 

Tharina van der Walt het van 12 tot 16 Julie aan die Wêreld Jeugkampioenskappe deelgeneem. Sy is gekies as spankaptein en het met albei items, hamergooi en diskus deurgedring na die finaal.  Sy het 4de geëindig in diskus met ‘n afstand van 47,27m en 9de in die hamergooi met ‘n afstand van 61,90m.