Hier is terugvoer oor die rugby wat gespeel is tussen JF en Sentraal tydens die jaarlikse FNB Classic Clashes.
Van die 8 rugbywedstryde gespeel is het JF 5 gewen. Die eerstespan van JF het dan ook met die louere weggestap in die hoofwedstryd van die dag deur Sentraal op aanskoulike wyse met 51 – 22 te klop.
Op die foto kry Marinus Maloney ( senter van JF ) dit net betyds reg om die bal aan te gee na die span se heelagter Jorrie Jordaan in hierdie opwindende wedstryd.