Hier is terugvoer oor die hokkiewedstryde wat beslis is tussen JF en Sentraal tydens die jaarlikse FNB Classic Clashes.

Daar is 9 wedstryde gespeel waarvan JF 8 wedstryde gewen het en een wedstryd ( die dogters eerstespanne ) wat gelykop geeindig het.

Op die foto maak Jason Forshaw van JF se eerstehokkiespan hard met moederaarde kennis in n baie mededingende wedstryd, wat op die ou end deur JF met 4 – 2 gewen word.