‘n Eerste vir JF Drummie Klub Junior!

JF Drummie Klub maak geskiedenis, met die insluiting van drie van ons Junior Span atlete  in die SAMCA Nasionale Span wat tydens September 2016 in Kroasië gaan deelneem aan die Trompoppie Wêreld Kampioenskappe.

Dit is met Trots dat ons die volgende  JFDK lede, leerders by Primêre skool Jim Fouche, geluk wens met hulle prestasie.

Die drie atlete, Demi Nel, Neline Bakkes en Jean-Marie Theron (foto hieronder) was deel van’n groep van 5 dogters van JF Drummie Klub se Junior Span wat 23 Januarie 2016, in Gauteng gaan deelneem het aan SAMCA Nasionale Span proewe.

Hulle het gekwalifiseer om die proewe by te woon deurdat hulle suksesvol was tydens die SAMCA proewe, gehou gedurende Desember vakansie, en hulle  SAMCA kleure verwerf het.

Hierdie drie atlete, is ook op die Leerderraad by Primêre Skool Jim Fouche.  Neline en Jean-Marie is Sub-leidsters in dieJFDK  Junior Span, met Jean-Marie as onder-Hoofleidster. Demi  is onder-hoof meisie by Jim Fouche en Hoof-Leidster van die Junior Span.

FOTO BO:   v.l.n.r.    Demi Nel, Neline Bakkes, Jean-Marie Theron