Op 19 September het die Vrystaatse Atletiekafrigtersvereniging (VSAAV) hul jaarlikse kliniek by Blouskool aangebied.  Die kliniek is deur 230 atlete en afrigters van skole sover as Hoopstad, Sasolburg en Bethlehem bygewoon.  Die skole van Kroonstad wat die kliniek bygewoon het, was Kroonheuwel, Kroon en Blouskool.  Die kliniek is ‘n voorloper vir die VSAAV se kursus in Desember te Sasolburg wat hierdie jaar vanaf 9-12 Desember plaasvind.  Dieselfde hoofafrigters wat by die kliniek opgetree het, gaan weer by die kursus wees.  Willie Roux het die spiesgooi en reëls hanteer, Wilfred Sebotsa die middelafstande, Corné Wessels die gewigstoot, Vic van Heerden die hoogspring, Leroux Jordaan die verspring, Spanjool Wessels die Skyfwerp, Nelis de Kock die naellope en hekkies en Freddie Meyer verspring en driesprong en was ook die organiseerder van die kliniek.

FOTO BO – VRYSTAAT HOOFAFRIGTERS

VOOR:  Willie Roux (Sasolburg); Wilfred Sebotsa (Sasolburg); Corné Wessels (Hoërskool Sasolburg)

AGTER: Vic van Heerden (Frankfort); Leroux Jordaan (HTS Sasolburg); Spanjool Wessels (HTS

Sasolburg); Nelis de Kock (Hoërskool Kroonstad); Freddie Meyer (Hoërskool Kroonstad)