Spoed, krag en vaardighede is nie al waarin hierdie seuns van Welkom Volkskool glo nie. Dit is wel die fondasie van elke opwindende rugbyspeler, maar sonder harde werk en deursettingsvermoë kan geen speler sy doelwit bereik nie.

Hierdie kranige rugbyspelers van Welkom Volkskool droom groot en het reeds die leer geklim. Hierdie seuns is opgeneem in die verskeie Griffons Rugbyspanne. Hulle is van links na regs: Henno Spaarwater,  Juandré Bezuidenhout, Cobus Myburgh en Enzo Beukes. Danté Smith was afwesig.

Hou hierdie manne gerus dop in die nabye toekoms.