Hoërskool Witteberg se atlete het puik presteer tydens die Oos-VrystaatHoërskool Witteberg -Mpho Ntsutle Hoërskole Atletiekbyeenkoms wat op Saterdag 18 Februarie te Bethlehem plaasgevind het.  Die atlete van Witteberg behaal 34 eerste plekke, 38 tweede plekke, 20 derde plekke en verbeter al te saam 6 rekords.  Die atlete wat rekords verbeter het tydens die byeenkoms was:

Van voor links;

Alicia Clack – Gewigstoot dogters o/17 – 12.39m

Kara-Lee van der Watt – 1500m hind ernis  – 7:29.06s.

Nadja Fourie – Paalspring dogters o/19 – 3.40m

Saroné Grobler – Driesprong dogters o/16 – 10.65m

Marisca Stander – 5000m stap dogters o/16 – 28:46.58s

Mpho Ntsutle – Driesprong seuns o/16 – 13.54m (Afwesig)