Vir sommige van Hoërskool Witteberg se atlete is die atletiek seisoen nog lank nie verby nie.  Nadja Fourie, Nica Pretorius en Jakkie Cilliers is gekies vir die Vrystaat Span wat op 7 & 8 April 2017 by Groen Punt (Wayde van Niekerk ) Stadion in Kaapstad deelneem aan die o/18, o/20 & Junior Suid-Afrikaanse Kampioenskappe.  Nadja is gekies om die span te verteenwoordig met paalspring vir dames o/20, Nica met paalspring vir dogters o/18 en Jakkie met 400m hekkies vir dogters o/18.  Marisca Stander was ook gekies vir die span, maar moes ongelukkig onttrek.  Baie geluk aan al hierdie atlete en sterkte met jul voorbereiding.