Branden du Plessis (links) en Corné du Preez, leerlinge van Hoërskool Witteberg, het onlangs deelgeneem aan Karate Suid-Afrika se Ontwikkelings Kampioenskappe. Branden het goud ontvang vir Kumite Seuns 16 tot 17 jaar. Corné het in die 14 tot 15 jaar eie gewigsgroep, silwer ontvang.